Meerkat Maantuig se sukses oortref alle verwagtinge

Meerkat Maantuig is ‘n splinternuwe Afrikaanse film wat op 16 Maart landswyd vrygestel word. Dit is gebaseer op die jeugverhaal “Blinde sambok” deur Riana Scheepers en is tot draaiboekverwerk deur Hanneke Schutte.

In 2017 is dit by die jaarlikse kykNet Silwerskermfees genomineer vir die beste produksieontwerp (Waldemar Coetsee) en regisseur (Hanneke Schutte) in die kategorie vir vollengte films en bekroon met die prys vir die beste kinematograaf (Willie Nel) in dieselfde kategorie.

Intussen is die fliek aanvaar om by die volgende internasionale feeste vertoon te word:
– Austin Film Festival
– Oxford Film Festival
– Sedona Film Festival in Arizona
– The Kids First Film Festival (die grootste kinderfilmfees in die wêreld)
– The Bay Area Children’s Festival buite San Fransisco
– Omaha Film Festival
– Nebraska, die Calcutta International Cult Film Festival
– GUKIFF International Kids Film Festival in Seoul, Korea (Ook genomineer vir beste speelfilm by die fees)
– Beverly Hills Film Festival
– The Newport Beach Film Festival in die VSA

Dit is ook ingesluit by die US Film Bloggers Bill en Bill Movies se lys van top films vir 2017 en dit het die eerste plek ingeneem op die Amerikaanse filmkritikus, Jesse Knight, se lys van Top 10 onverspreide films in die VSA.

“Jou wêreld is so groot soos jou verbeelding!”

Vir meer inligting besoek The Film Factory se webblad of volg die film op Facebook, Twitter en Instagram.

error: Inligting is beskibaar op versoek.