South African Film and Television Awards (SAFTAs) 2018

Die Suid-Afrikaanse Film- en Televisietoekennings (South African Film and Television Awards, SAFTAs), is die eerste keer in 2005 toegeken toe verskeie rolspelers in die film- en televisiebedryf, onder leiding van die Nasionale Film en Video Stigting (National Film and Video Foundation, NFVF), bymekaar gekom het om hierdie toekenningsgeleentheid te stig. By hierdie jaarlikse geleentheid word die kreatiwiteit, kwaliteit en uitnemendheid van produksies binne die film- en televisiebedryf vereer. Die doel van hierdie toekennings is ook om entrepreneurskap en die ontwikkeling van nuwe talent binne die bedryf aan te moedig en te bevorder.

Wenners van elke kategorie word met ‘n goue beeldjie vereer wat bekend staan as die “Golden Horn”. Elke beeldjie bestaan uit drie koppe wat kollektiewe insette, gemeenskaplikheid en die individu as lid van ‘n span verteenwoordig. Dit is simbolies aan medewerking, wat die fondasie van die bedryf se aktiwiteite vorm.

Baie geluk aan Nul is nie niks nie, Vaselinetjie, Vuil Wasgoed, Johnny is nie dood nie, Liewe Kersfeesvader en Krotoa wat altesaam vir 11 toekennings in agt kategorieë genomineer is. 

Die 12de SAFTA-toekenningsgeleentheid vind op 22 Maart 2018 plaas.

error: Inligting is beskibaar op versoek.