Tag:Afrikaanse film
Nuwe vrystelling: Wonderlus
Wonderlus vertel die verhaal van ‘n groep vriende wat die oggend na ‘n troue wakker word en dan die raaiselagtige gebeure van die vorige aand probeer oplos. Die film word op 27 April landswyd vrygestel. Vir meer inligting besoek die film se Facebook-blad of kliek hier.
Nuwe vrystelling: Susters
Susters word op 30 Maart 2018 landswyd vrysgestel. Hierdie film vertel die verhaal van drie, vervreemde susters en hoe die dood van hul ma hulle op ‘n ontdekkingsreis vat. Die reis bring herinneringe, interessante karakters, asomrowende bestemmings en hope pret oor hul pad. Vir meer inligting besoek die film se FB-blad.
Meerkat Maantuig se sukses oortref alle verwagtinge
Meerkat Maantuig is ‘n splinternuwe Afrikaanse film wat op 16 Maart landswyd vrygestel word. Dit is gebaseer op die jeugverhaal “Blinde sambok” deur Riana Scheepers en is tot draaiboekverwerk deur Hanneke Schutte. In 2017 is dit by die jaarlikse kykNet Silwerskermfees genomineer vir die beste produksieontwerp (Waldemar Coetsee) en regisseur (Hanneke Schutte) in die kategorie vir vollengte films …
Read more
Nuwe vrystelling: Raaiselkind
Die film word op 16 Februarie 2018 landswyd vrygestel. Vir meer inligting besoek Raaiselkind se FB-bladsy.