Van woorde na films by vanjaar se US Woordfees

Die negentiende US Woordfees vind vanaf 2 – 11 Maart 2018 plaas én boonop vier die Universiteit Stellenbosch hul 100ste bestaansjaar in 2018. Hierdie jaar se feestema is “100%” en as ‘n mens so vlugtig na die program kyk is dit duidelik dat die fees ongetwyfeld ‘n verskeidenheid gehalte kuns en vermaak aan feesgangers gaan bied.

Filmliefhebbers kan gerus húlle dagboeke nader trek vir ‘n fees van films wat gedurende die fees in die Pulp Cinema Neelsie vertoon gaan word. Altesaam 42 films word gewys en bestaan uit ‘n kombinasie van plaaslike en internasionale vollengte films, kortfilms en dokumentêre films.

Indien jy laasjaar se kykNet Silwerskermfees misgeloop het kry jy vanjaar tydens die Woordfees weer ‘n geleentheid om al die kortfilms, sowel as ‘n paar vollengte en dokumentêre films wat daar gewys het, te sien.

Kyk veral uit vir die volgende films wat toekennings by die fees ontvang het:

KORTFILMS

VOLLENGTE FILMS

Ander plaaslike vollengte films wat vertoon gaan word sluit Wonderlus en Vaya in. Die veel besproke en kontroversiël film, Inxeba (The Wound), word ook vertoon. Hierdie film het in 2017 die toekenning vir beste regisseur van ‘n Suid-Afrikaanse film by die Durbanse Internasionale Filmfees gewen en het sedertdien talle debate vanuit verskeie oorde ontlok.

Feesgangers kan uitsien na die volgende gesprekke en praatjies:

  • Tom Lanoye met Ray Kluun oor die verfilming van boeke
  • Leon van Nierop oor Jans Rautenbach
  • Kleinboer met Albertus van Wyk oor Hierdie huis
  • Julia Cain oor Ingmar Bergman
  • Dr Shose Kessi & Dr Desmond Painter: What was the price of the Madiba Miracle

Dit is egter nie net die US wat vanjaar fees vier. Ingmar Bergman, Sweedse skrywer en regisseur, sou vanjaar ook sy 100ste verjaarsdag gevier het. Daarom gedenk die US Woordfees hierdie meester wat steeds ‘n invloed op die bedryf het. Drie van sy klassieke films, naamlik Persona (1966), Shame (1968) en Wild Strawberries (1957), asook ‘n dokumentêr oor sy lewe word vertoon. Op 8 Maart om 18:30 gaan die Kanadese lektrise, Julia Cain, gesels oor Bergman se nalatenskap en blywende invloed op die rolprentbedryf

Plaaslik word die US-alumnus, Jans Rautenbach, vereer vir sy grensverskuiwende bydrae tot die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Tydens die fees sal van Rautenbach se klassieke films soos Die Kandidaat, Katrina en sy laaste film, Abraham, vertoon word en op 7 Maart 2018 om 10:30 gaan Leon van Nierop onder andere gesels oor Rautenbach se baanbrekersrolprente en sy bydrae tot die filmbedryf. 

Vir ‘n volledige lys van films wat by die Woordfees vertoon gaan word kan jy die feesprogram raadpleeg.

error: Inligting is beskibaar op versoek.